Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:29-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Shim’on en die afgevaardigdes antwoord hulle en sê: “Dit is nodig om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense.Eks 3:15 het Yeshua, wat julle vermoor het deur Hom aan ’n hout op te hang, laat opstaan.Deut 21:22-23

30. Die God van ons voorvaders

31. Hom het God as Hoof en Lewegewer aangestel en Hom aan Sy regterhand verhef om aan Yisra’el erkenning, berou en vergifnis van sondes te gee

32. en ons, asook die Gees van Afsondering wat God gegee het aan die wat in Hom vertrou, is Sy getuies van hierdie dinge.”

33. Toe hulle hierdie woorde hoor, was hulle woedend met ’n passie en hulle het oorweeg om hulle dood te maak.

34. Een van hulle, ’n Fariseër met die naam van Gamali’el, wat die wet geleer het en by almal hoog in aansien was, het opgestaan

35. en beveel dat die afgevaardigdes ’n rukkie uitgevat word en vir hulle gesê: “Manne van Yisra’el, let op julleself wat reg is om te doen met hierdie manne,

36. want voor hierdie het Todah opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense, omtrent vier honderd, aangesluit. Hy is gedood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niks gekom nie.

37. Ná hom het Y’hudah, van die Galil, opgestaan, in die dae van die inskrywing vir belasting en ’n aansienlike getal mense laat afdwaal agter hom aan. Ook hý is dood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaar.

38. Nou sê ek vir julle, bly weg van hierdie manne en los hulle uit, want as hierdie beweging of hierdie dade vanuit mense is, sal hulle uitmekaarspat en verbygaan,

39. maar as dit vanuit God is, kan julle dit nie vernietig nie sodat dit nie dalk gevind word dat julle teen God staan nie.”

40. Hulle is deur hom oortuig en nadat hulle die afgevaardigdes ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle beveel om nie in die Outoriteit en Karakter van Yeshua te praat nie en hulle vrygelaat.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5