Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:23-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. en gesê “Ons het die tronk in alle sekuriteit toegesluit gekry en die wagte het buite voor die deure gestaan, maar daar was niemand binne nie.”

24. Toe die hoofpriester, die kaptein van die tempelwagte en die leierpriesters hierdie boodskap hoor, was hulle verward daaroor en het gewonder wat dit is.

25. Iemand kom en rapporteer aan hulle: “Let op, dieselfde manne wat julle in die tronk gesit het, staan in die tempel en leer die mense.”

26. Daarop gaan die kaptein van die tempelwag en sy ondergeskiktes en bring hulle, maar nie met geweld nie, want hulle was bang dat die mense hulle sou stenig.

27. Hulle het hulle gebring en voor die hele Raad laat staan en die hoofpriester het hulle gevra:

28. “Het ons julle nie met ’n opdrag beveel om niemand in dié Outoriteit en Karakter te leer nie? Let op, julle het Yerushalayim volgemaak met julle leer en julle wil ons verantwoordelik maak vir die bloed van hierdie Man.”

29. Shim’on en die afgevaardigdes antwoord hulle en sê: “Dit is nodig om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense.Eks 3:15 het Yeshua, wat julle vermoor het deur Hom aan ’n hout op te hang, laat opstaan.Deut 21:22-23

30. Die God van ons voorvaders

31. Hom het God as Hoof en Lewegewer aangestel en Hom aan Sy regterhand verhef om aan Yisra’el erkenning, berou en vergifnis van sondes te gee

32. en ons, asook die Gees van Afsondering wat God gegee het aan die wat in Hom vertrou, is Sy getuies van hierdie dinge.”

33. Toe hulle hierdie woorde hoor, was hulle woedend met ’n passie en hulle het oorweeg om hulle dood te maak.

34. Een van hulle, ’n Fariseër met die naam van Gamali’el, wat die wet geleer het en by almal hoog in aansien was, het opgestaan

35. en beveel dat die afgevaardigdes ’n rukkie uitgevat word en vir hulle gesê: “Manne van Yisra’el, let op julleself wat reg is om te doen met hierdie manne,

36. want voor hierdie het Todah opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense, omtrent vier honderd, aangesluit. Hy is gedood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niks gekom nie.

37. Ná hom het Y’hudah, van die Galil, opgestaan, in die dae van die inskrywing vir belasting en ’n aansienlike getal mense laat afdwaal agter hom aan. Ook hý is dood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaar.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5