Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:8-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy het opgespring, gestaan, rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop, spring en God prys.

9. Al die mense het gesien hoe hy rondloop en God prys

10. en hulle het hom herken, dat hy die bedelaar was wat elke dag by die Mooipoort van die tempel gesit het om omgeedade te vra. Hulle was vol verwondering en verwarring oor die ding wat gebeur het.

11. Terwyl hy aan Kefa en Yoganan vasgehou het, het al die mense uitermate verbaas na hulle toe gehardloop in die pilaargang, wat Shlomo s’n genoem word.

12. Toe Kefa dit sien, antwoord hy hulle en sê: “Seuns van Yisra’el, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie vermoë of outoriteit gemaak het dat hy loop?Eks 3:6,15 die God van ons vaders, het Sy Seun Yeshua eer, lof en grootheid gegee, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatos verwerp het, toe hý reg geoordeel het om Hom los te laat,

13. Die God van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov,

14. maar julle het die Afgesonderde en Onskuldige Een verwerp en gevra dat ’n moordenaar aan julle gegee sou word

15. en Hom, die Heerser van lewe, het julle doodgemaak, Wie God uit die dood uit laat opstaan het, waarvan ons almal Sy getuies is.

16. Deur vertroue in Sy Outoriteit en Karakter is hierdie man, wat julle sien en ken, herstel en genees en vertroue in Hom het hom hierdie gesondheid gegee voor julle almal.

17. Nou, broers, ek weet dat julle dit in misleiding gedoen het, net soos julle leiers

18. en God het op dié manier vervul wat Hy vooraf aangekondig het deur die mond van al Sy profete, dat Sy Gesalfde Een sou ly.

19. Erken julle skuld, lê dit af en draai om, terug na God toe sodat julle sondes uitgevee mag word, tye van rus vanaf die Teenwoordigheid van יהוה vir julle mag kom

20. en Hy die Een sal stuur wat vooraf vir julle voorberei is: Yeshua, Die Gesalfde Een.Yes 11:1-12

21. Die hemel moet Hom ontvang tot op die tyd van die einde van alle dinge, waarvan God van ouds af gepraat het deur die mond van al Sy afgesonderde profete,

22. want Moshe het gesê: ‘יהוה sal vir julle ’n profeet, wat net soos ek is, uit julle broers laat opstaan; luister na alles wat Hy vir julle sal sêDeut 18:15-19

23. en elke gees wat nie na dié profeet luister nie, sal vanuit die mense vernietig word.’

24. Ook het al die profete, van Sh’mu’el af en na hom, almal gepraat en ook hierdie dae aangekondig.Gen 22:18; Gen 26:4

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3