Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. dat hulle ’n sekere man aangedra het, let op, wat van sy moeder se baarmoeder af kreupel was en wat gereeld neergesit is langs die tempelpoort, wat die Mooipoort genoem word, om ’n daad van omgee te vra van dié wat in die tempel ingaan.

3. Toe hy sien dat Shim’on en Yoganan op die punt was om die tempel in te gaan, het hy vir ’n daad van omgee gebedel

4. en Shim’on en Yoganan het hom stip aangekyk vir hom gesê: “Kyk na ons.”

5. Hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou kry.

6. Shim’on sê vir hom: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: in die Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret, staan op en loop!”

7. Hy het sy regterhand gevat en hom opgetrek en onmiddellik is sy bene en voete genees.

8. Hy het opgespring, gestaan, rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop, spring en God prys.

9. Al die mense het gesien hoe hy rondloop en God prys

10. en hulle het hom herken, dat hy die bedelaar was wat elke dag by die Mooipoort van die tempel gesit het om omgeedade te vra. Hulle was vol verwondering en verwarring oor die ding wat gebeur het.

11. Terwyl hy aan Kefa en Yoganan vasgehou het, het al die mense uitermate verbaas na hulle toe gehardloop in die pilaargang, wat Shlomo s’n genoem word.

12. Toe Kefa dit sien, antwoord hy hulle en sê: “Seuns van Yisra’el, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie vermoë of outoriteit gemaak het dat hy loop?Eks 3:6,15 die God van ons vaders, het Sy Seun Yeshua eer, lof en grootheid gegee, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatos verwerp het, toe hý reg geoordeel het om Hom los te laat,

13. Die God van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov,

14. maar julle het die Afgesonderde en Onskuldige Een verwerp en gevra dat ’n moordenaar aan julle gegee sou word

15. en Hom, die Heerser van lewe, het julle doodgemaak, Wie God uit die dood uit laat opstaan het, waarvan ons almal Sy getuies is.

16. Deur vertroue in Sy Outoriteit en Karakter is hierdie man, wat julle sien en ken, herstel en genees en vertroue in Hom het hom hierdie gesondheid gegee voor julle almal.

17. Nou, broers, ek weet dat julle dit in misleiding gedoen het, net soos julle leiers

18. en God het op dié manier vervul wat Hy vooraf aangekondig het deur die mond van al Sy profete, dat Sy Gesalfde Een sou ly.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3