Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Nou word ek aangekla oor die versekerde verwagting op die belofte wat God aan die vaders gemaak het,

7. wat ons twaalf stamme, wat ernstig dag en nag bid, verwag om te kom. Oor hierdie versekerde verwagting, koning Agrippus, word ek deur die Jode aangekla.

8. Hoekom word dit deur u as ongelooflik beskou dat God die dooies laat opstaan?

9. Vanuit myself het ek gedink dat ek baie opponerende dinge teen die Outoriteit en Karakter van Yeshua die Natzerener moes doen,

10. wat ek ook in Yerushalayim gedoen het. Ek het ook baie van hulle wat afgesonderd was in tronke opgesluit nadat ek van die leierpriesters die outoriteit gekry het en, as hulle doodgemaak is, het ekself daarvoor gestem.

11. In al die bymekaarkomplekke het ek hulle gereeld gemartel en gedwing om kwaad te praat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van Yeshua en ek het hulle in oormatige woede vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12. Ek was daárvoor op pad na Dammesek, met outoriteit en toestemming van die leierpriesters,

13. toe het ek, o koning, in die middel van die dag, op die pad, ’n lig uit die hemel, sterker as die glans van die son, gesien het, wat rondom my en die wat saam met my gereis het, skyn.

14. Ons het almal op die grond neergeval en ek het ’n stem gehoor wat met my praat en in Aramees sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.’

15. Toe sê ek: ‘Wie is U, my Meester?’ Ons Meester sê vir my: ‘Ek is Yeshua, die Natzerener, wat jy vervolg.’

16. Hy sê ook vir my: ‘Staan op, op jou voete, want om hierdie rede het Ek aan jou verskyn om jou aan te stel as ’n bedienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26