Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. In al die bymekaarkomplekke het ek hulle gereeld gemartel en gedwing om kwaad te praat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van Yeshua en ek het hulle in oormatige woede vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12. Ek was daárvoor op pad na Dammesek, met outoriteit en toestemming van die leierpriesters,

13. toe het ek, o koning, in die middel van die dag, op die pad, ’n lig uit die hemel, sterker as die glans van die son, gesien het, wat rondom my en die wat saam met my gereis het, skyn.

14. Ons het almal op die grond neergeval en ek het ’n stem gehoor wat met my praat en in Aramees sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.’

15. Toe sê ek: ‘Wie is U, my Meester?’ Ons Meester sê vir my: ‘Ek is Yeshua, die Natzerener, wat jy vervolg.’

16. Hy sê ook vir my: ‘Staan op, op jou voete, want om hierdie rede het Ek aan jou verskyn om jou aan te stel as ’n bedienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn.

17. Ek sal jou verlos van die Jode en van die ander nasies waarheen Ek jou stuur,

18. om hulle oë oop te maak sodat hulle hul kan wegdraai van die duisternis na die lig en vanaf die outoriteit van die teëstander na God toe en hulle bevryding van sondes en ’n erfenis onder die afgesonderdes kan kry, deur vertroue in My.’

19. As gevolg hiervan, koning Agrippus, het ek nie gestry teen die hemelse visioen nie,

20. maar het ek aan die mense in Dammesek eerste, in Yerushalayim en in die dorpies van Y’hudah, asook aan die ander nasies verkondig om weg te draai van die sonde, na God toe en die dade te doen wat pas by een wat teruggedraai het na God toe.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26