Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor ’n sekere Yeshua wat dood is, van wie Sha’ul verklaar het dat Hy lewe.

20. Omdat ek nie geweet het wat om te doen nie, het ek gevra of hy na Yerushalayim wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan,

21. maar hy het geappelleer om in bewaring te bly vir ’n keiserlike verhoor en ek het beveel dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.”

22. Agrippus sê vir Festos: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.” Toe antwoord hy: “Môre sal u hom hoor.”

23. Die volgende dag het Agrippus en Bernike toe met groot vertoon in die gehoorsaal ingekom saam met die bevelvoerders oor ’n duisend en die leiers van die stad. Op bevel van Festos is Sha’ul ingebring.

24. Toe sê Festos: “Koning Agrippus en al die manne wat hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie al die Jode in Yerushalayim en ook hier met my gepraat het en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie,

25. maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie en hy self ook na die keiser appelleer het, het ek besluit om hom te stuur,

26. maar ek kan niks beslis oor hom aan die keiser skryf nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agrippus sodat ek ná die ondersoek sal weet wat ek moet skryf,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25