Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Festos in Kaisareia aangekom het, het hy na drie dae opgegaan na Yerushalayim.

2. Die leierpriesters en die leiers van die Jode het hom oor Sha’ul ingelig en hom,

3. as ’n guns, gevra om hom na Yerushalayim te bring, (terwyl hulle ’n hinderlaag beplan om hom op die pad dood te maak).

4. Daarop het Festos geantwoord dat Sha’ul in Kaisareia bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou gaan.

5. “Laat dan dié onder julle,” sê hy, “wat bevoeg is, saamgaan en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.”

6. Nadat hy agt of tien dae onder hulle gebly het, het hy na Kaisareia afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Sha’ul gebring moes word.

7. Toe hy kom, het die Jode wat vanaf Yerushalayim gekom het, rondom hom gestaan en baie en ernstige beskuldigings teen Sha’ul gemaak, wat hulle nie kon bewys nie.

8. Tot sy verdediging het Sha’ul gesê: “Ek het geen oortreding teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser begaan nie.”

9. Omdat Festos aan die Jode ’n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Sha’ul gesê: “Wil jy na Yerushalayim opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?”

10. Toe sê Sha’ul: “Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Teen die Jode het ek nie gesondig nie, soos u ook weet,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25