Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na vyf dae het die hoofpriester, Gananyah, die oudstes en ’n sekere advokaat, Tertullos, afgekom en hulle saak teen Sha’ul by die goewerneur gebring.

2. Toe hy geroep is, begin Tertullos hom beskuldig en sê: “Deur u leef ons in oorvloed van rustigheid en deur u versorging het hierdie nasie uitstekende stabiliteit

3. en ons almal, in elke plek, ontvang u onverdiende guns, Hoogedele Felix.

4. Om u egter nie moeg te maak met baie dinge nie, versoek ek u om ons eenvoudigheid kortliks aan te hoor,

5. want ons het gevind dat hierdie man ’n verleier en ’n opstoker is van moeilikheid onder al die Jode in die wêreld, ’n leier is van die sekte van die Natzereners

6. en probeer het om ons tempel te onteer. Ons het hom gevang en wou hom volgens ons wet oordeel,

7. maar Lusias, die bevelvoerder oor ’n duisend, het gekom, hom met groot geweld uit ons hande gevat, na u gestuur

8. en beveel dat sy aanklaers voor u moet kom. U sal self, ná ondervraging, kan leer van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.”

9. Toe het die Jode ook saam uitgeroep en gesê: “Hierdie dinge is so.”

10. Nadat die goewerneur vir hom gewys het om te praat, het Sha’ul geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare lank oor hierdie nasie regter is, verdedig ek my saak met blydskap.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24