Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 23:13-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Daar was meer as veertig wat hierdie verbond met ’n eed gesweer het.

14. Hulle het na die priesters en die oudstes toe gegaan en gesê: “Ons het ons met ’n eed tot vervloeking verbind om niks te eet totdat ons Sha’ul doodgemaak het nie.

15. Vra nou, saam met die leiers van die Raad, aan die bevelvoerder oor ’n duisend om hom môre af te bring na u toe, asof u sy optrede noukeuriger wil ondersoek en ons is gereed om hom dood te maak voordat hy by u kom.”

16. Die seun van Sha’ul se suster het van die hinderlaag gehoor en het in die kamp ingegaan en dit aan Sha’ul vertel.

17. Sha’ul het een van die kapteins oor ’n honderd nader geroep en gesê: “Vat hierdie jongman na die bevelvoerder oor ’n duisend, want hy het iets om hom te vertel.”

18. Daarop vat hy hom saam en bring hom by die bevelvoerder oor ’n duisend en sê: “Die gevangene, Sha’ul, het my geroep en gevra om hierdie jongman na u toe te bring omdat hy iets het om aan u te vertel.”

19. Daarop vat die bevelvoerder oor ’n duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: “Wat het jy om aan my te vertel?”

20. Die jongman sê vir hom: “Die Jode het ooreengekom om u te vra om Sha’ul môre af te bring na die Raad, asof hulle hom meer noukeurig wil ondervra.

21. U moet hulle nie vertrou nie, want let op, meer as veertig man onder hulle, wat hulleself met ’n eed verbind het om nie te eet of te drink totdat hulle hom dood gemaak het nie, lê hom voor en let op, hulle is nou gereed en wag op u belofte.”

22. Die bevelvoerder oor ’n duisend het die jongman laat gaan en hom beveel: “Vertel aan niemand dat jy my ingelig het nie.”

23. Hy het twee van die kapteins oor ’n honderd na hom toe geroep en gesê: “Kry twee honderd soldate en sewentig ruiters en twee honderd regshandige skuts, gereed om die derde uur (nege-uur) vanaand na Kaisareia te gaan,

24. asook pakdiere sodat hulle Sha’ul daarop kan sit en veilig deurkry na Felix, die goewerneur.”

25. Hy het in ’n brief, wat hy vir hulle wat by hom was, gegee het, as volg geskryf:

Lees volledige hoofstuk Handelinge 23