Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 22:21-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hy het vir my gesê: ‘Gaan, want Ek stuur jou ver weg na die ander nasies’.”

22. Tot hiertoe het hulle na hom geluister; toe lig hulle hul stemme en sê: “Weg van die aarde af met so ’n mens, want dit is nie reg vir hom om te lewe nie!”

23. Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.

24. Die bevelvoerder oor ’n duisend beveel toe dat hy in die kamp ingebring moes word en het gesê dat hulle hom met sweepslae moes ondersoek sodat hy kon uitvind om watter rede hulle so teen hom skree,

25. maar terwyl hulle hom met die bande uitrek, sê Sha’ul vir die kaptein oor honderd wat daar staan: “Is dit wettig om ’n Romeinse burger, dit sonder ’n hofsaak, met ’n sweep te slaan?”

26. Toe die kaptein oor honderd dit hoor, gaan vertel hy dit vir die bevelvoerder oor ’n duisend en sê: “Wat doen u, want hierdie man is ’n Romein?”

27. Die bevelvoerder oor ’n duisend het na hom toe gekom en gevra: “Sê vir my of jy ’n Romein is?” Hy antwoord: “Ja.”

28. Toe sê die owerste oor ’n duisend: “Ek het hierdie burgerskap vir ’n groot bedrag bekom!” Sha’ul sê vir hom: “Ek is dit egter deur geboorte.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 22