Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 22:16-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Nou, waarom wag jy? Staan op, word gedoop en wees gereinig van jou sondes terwyl jy jou op Sy Outoriteit en Karakter beroep.’

17. Ek het teruggekom na Yerushalayim en het in die tempel gebid

18. en ek het Hom in ’n visioen gesien en Hy het vir my gesê: ‘Maak gou en gaan haastig uit Yerushalayim uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanvaar nie.’

19. Ek het gesê: ‘My Meester, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U vertrou, in die tronk te gooi en in die vergaderplekke te slaan

20. en toe die bloed van Stefanos, U getuie, vergiet is, het ek ook self bygestaan en sy moord goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.’

21. Hy het vir my gesê: ‘Gaan, want Ek stuur jou ver weg na die ander nasies’.”

22. Tot hiertoe het hulle na hom geluister; toe lig hulle hul stemme en sê: “Weg van die aarde af met so ’n mens, want dit is nie reg vir hom om te lewe nie!”

23. Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.

24. Die bevelvoerder oor ’n duisend beveel toe dat hy in die kamp ingebring moes word en het gesê dat hulle hom met sweepslae moes ondersoek sodat hy kon uitvind om watter rede hulle so teen hom skree,

25. maar terwyl hulle hom met die bande uitrek, sê Sha’ul vir die kaptein oor honderd wat daar staan: “Is dit wettig om ’n Romeinse burger, dit sonder ’n hofsaak, met ’n sweep te slaan?”

26. Toe die kaptein oor honderd dit hoor, gaan vertel hy dit vir die bevelvoerder oor ’n duisend en sê: “Wat doen u, want hierdie man is ’n Romein?”

27. Die bevelvoerder oor ’n duisend het na hom toe gekom en gevra: “Sê vir my of jy ’n Romein is?” Hy antwoord: “Ja.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 22