Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:32-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Nou, broers, dra ek julle op aan God en aan die boodskap van Sy onverdiende guns, wat in staat is om julle op te bou en julle ’n erfdeel te gee saam met al die afgesonderdes.

33. Silwer, goud of klere het ek nie begeer nie,

34. maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in my en die wat by my was, se behoeftes.

35. Ek het julle in alles gewys dat ons, deur so te werk, die swakkes moet help en die boodskap van ons Meester Yeshua moet onthou, dat Hy gesê het: ‘Sy seën is vir hom wat gee, meer as vir hom wat ontvang’.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20