Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 18:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en gesê: “Hierdie man oortuig die mense om God te aanbid op wyses buite die wet.”

14. Toe Sha’ul versoek het om sy mond oop te maak en te praat, sê Gallioon vir die Jode: “As dit ’n beskuldiging van boosheid of bedrog of haatlikheid was, dan sou ek rede hê om julle te ontvang, o Jode,

15. maar as die aanklag is oor ’n boodskap of oor name of oor julle wet, moet julle toesien, want ek gaan nie oor hierdie sake oordeel nie.”

16. Hy het hulle voor die regbank weggejaag

17. en al die nie-Jode het vir Sosthenes, die leier van die bymekaarkomplek, gegryp en hom voor die hof geslaan en Gallioon het dit gesien.

18. Nadat Sha’ul baie dae daar gebly het, het hy die broers gegroet en saam met Priskilla en Akulas na Sirië weggeseil. In Kengreai het hy sy hare geskeer, as gevolg van ’n gelofte wat hy aan homself gemaak het.

19. Hy het in Efesos aangekom en Sha’ul het in die bymekaarkomplek ingegaan, met die Jode gepraat

20. en hulle het gevra dat hy langer by hulle moes bly. Hy het nie ingestem nie

21. en hulle toe gegroet en gesê: “Dit is, soos altyd, nodig vir my om die opkomende fees in Yerushalayim te vier en as God wil, sal ek weer na julle toe terugkom.” Hy het Akulas en Priskilla in Efesos agtergelaat

22. en het per see in Kaisareia aangekom, opgegaan en die gemeente gegroet en afgereis na Antiogeia.

23. Nadat hy ’n redelike tyd lank gebly het, het hy vertrek en een na die ander na die streke van Galatia en Frugia gereis en al die studentevolgelinge versterk.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 18