Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:3-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hulle is hierop deur die gemeente uitgestuur en het deur Foinike en Shomron gegaan en vertel van die ander nasies se wegdraai van sondes na God toe en dit het groot blydskap vir al die broers gebring.

4. By hulle aankoms in Yerushalayim is hulle deur die gemeente, die afgevaardigdes en die oudstes ontvang en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God deur hulle gedoen het,

5. maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: “Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en beveel word om die wet van Moshe te onderhou.”

6. Die afgevaardigdes en die oudstes het bymekaargekom om hierdie saak te ondersoek

7. en nadat ’n groot debat gevolg het, het Shim’on opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God van die begin af gekies het dat die nasies deur my mond die goeie boodskap sal hoor en vertrou

8. en God, wat die verstand, wil en emosie ken, het aangaande hulle getuig deur aan hulle die Gees van Afsondering te gee net soos aan ons.Num 15:14-16; Yes 56:7; Rom 9:7,8; Rom 11; Efe 2:13-18

9. Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle verstand, wil en emosie gereinig het deur vertroue.

10. Nou waarom toets julle God deur op die nek van die studentevolgelinge ’n juk te lê wat nie ons vaders of ons in staat was om te dra nie?

11. Ons vertrou dat ons, deur die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewe ontvang deur vertroue, net soos hulle.”

12. Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.

13. Toe hulle stilgebly het, staan Ya’akov op en sê: “Broers, luister na my!

14. Shim’on het vertel presies hoe God in die begin besluit het om mense uit die ander nasies vir Sy Karakter en Outoriteit (Naam) aan te neem

15. en dit stem ooreen met die boodskap wat die profete geskryf het:`Am 9:11

16. ‘Daarna sal Ek terugkom en die gevalle tent van Dawid weer herbou en wat daarvan vernietig is, sal Ek weer herbou en herstel

17. sodat die oorblyfsel van die mense יהוה kan soek, uit al die nasies oor wie My Outoriteit en Karakter (Naam) uitgeroep is, sê יהוה, wat al hierdie dinge gemaak het.’Num 15:16; Yes 56:1-7

18. God se werke is van ewigheid af bekend.

19. As gevolg hiervan sê ek dat ons hulle, wat vanuit die ander nasies na God toe gedraai word, nie verder moet belas nie,

20. maar aan hulle skryf dat hulle hul moet afsonder van dié dinge wat deur afgode besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,Lev 17-19

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15