Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Toe het die afgevaardigdes en die oudstes saam met die hele gemeente manne vanuit hulle gekies en na Antiogeia gestuur saam met Sha’ul en Bar-Nabba; naamlik Y’hudah, wat genoem word Bar-Sabba en Sila, manne wat leiers onder die broers was.

23. Deur hulle hand het hulle dít geskryf: “Die afgevaardigdes, die oudstes en die broers; aan die broers uit die nasies in Antiogeia, Sirië en Kilikia: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!

24. Ons hoor dat sommige wat vanaf ons uitgegaan het, julle met boodskappe, wat ons hulle nie beveel het nie, ontstel en julle gees omgekrap het deur te sê dat julle die godsdienstige gebruike moet onderhou en besny moet word.

25. As gevolg hiervan het ons met een gesindheid besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons vriende, Bar-Nabba en Sha’ul, wat ons liefhet.

26. Manne wat hulleself oorgegee het ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

27. Ons het vir Y’hudah en Sila uitgestuur om deur woorde dieselfde dinge te sê,Num 15:16

28. want die Gees van Afsondering en ons het besluit om geen las op julle te lê, behalwe wat nodig is nie:

29. dat julle wegbly van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van alle seksuele immoraliteit. As julle dit streng nakom, sal julle getrou wees in ons Meester.”

30. Hulle wat uitgestuur is, het in Antiogeia gekom en hulle het die mense bymekaargeroep en die brief oorhandig.

31. Toe hulle dit gelees het, was hulle verheug en was bemoedig.

32. Y’hudah en Sila, wat self ook profete was, het die broers met baie boodskappe bemoedig en versterk.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15