Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:19-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. As gevolg hiervan sê ek dat ons hulle, wat vanuit die ander nasies na God toe gedraai word, nie verder moet belas nie,

20. maar aan hulle skryf dat hulle hul moet afsonder van dié dinge wat deur afgode besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,Lev 17-19

21. want van die vroegste geslagte af het Moshe díégene, wat hom in elke stad verkondig terwyl hy elke Shabbat in die bymekaarkomplekke gelees word.”

22. Toe het die afgevaardigdes en die oudstes saam met die hele gemeente manne vanuit hulle gekies en na Antiogeia gestuur saam met Sha’ul en Bar-Nabba; naamlik Y’hudah, wat genoem word Bar-Sabba en Sila, manne wat leiers onder die broers was.

23. Deur hulle hand het hulle dít geskryf: “Die afgevaardigdes, die oudstes en die broers; aan die broers uit die nasies in Antiogeia, Sirië en Kilikia: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!

24. Ons hoor dat sommige wat vanaf ons uitgegaan het, julle met boodskappe, wat ons hulle nie beveel het nie, ontstel en julle gees omgekrap het deur te sê dat julle die godsdienstige gebruike moet onderhou en besny moet word.

25. As gevolg hiervan het ons met een gesindheid besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons vriende, Bar-Nabba en Sha’ul, wat ons liefhet.

26. Manne wat hulleself oorgegee het ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

27. Ons het vir Y’hudah en Sila uitgestuur om deur woorde dieselfde dinge te sê,Num 15:16

28. want die Gees van Afsondering en ons het besluit om geen las op julle te lê, behalwe wat nodig is nie:

29. dat julle wegbly van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van alle seksuele immoraliteit. As julle dit streng nakom, sal julle getrou wees in ons Meester.”

30. Hulle wat uitgestuur is, het in Antiogeia gekom en hulle het die mense bymekaargeroep en die brief oorhandig.

31. Toe hulle dit gelees het, was hulle verheug en was bemoedig.

32. Y’hudah en Sila, wat self ook profete was, het die broers met baie boodskappe bemoedig en versterk.

33. Nadat hulle ’n tyd daar deurgebring het, het die broers hulle met vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid na die afgevaardigdes laat teruggaan,

34. maar Sila het besluit om daar te bly.

35. Sha’ul en Bar-Nabba het in Antiogeia gebly en geleer en saam met nog baie ander die boodskap van God verkondig.

36. ’n Paar dae daarna het Sha’ul vir Bar-Nabba gesê: “Kom ons gaan terug en besoek ons broers in al die stede waarin ons die boodskap van God verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37. Bar-Nabba wou vir Yoganan, wat Markos genoem word, saamvat,

38. maar Sha’ul het dit nie reg geag om hóm saam te vat wat hulle van Pamfulia af verlaat het en nie saam met hulle gegaan het nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15