Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.

13. Toe hulle stilgebly het, staan Ya’akov op en sê: “Broers, luister na my!

14. Shim’on het vertel presies hoe God in die begin besluit het om mense uit die ander nasies vir Sy Karakter en Outoriteit (Naam) aan te neem

15. en dit stem ooreen met die boodskap wat die profete geskryf het:`Am 9:11

16. ‘Daarna sal Ek terugkom en die gevalle tent van Dawid weer herbou en wat daarvan vernietig is, sal Ek weer herbou en herstel

17. sodat die oorblyfsel van die mense יהוה kan soek, uit al die nasies oor wie My Outoriteit en Karakter (Naam) uitgeroep is, sê יהוה, wat al hierdie dinge gemaak het.’Num 15:16; Yes 56:1-7

18. God se werke is van ewigheid af bekend.

19. As gevolg hiervan sê ek dat ons hulle, wat vanuit die ander nasies na God toe gedraai word, nie verder moet belas nie,

20. maar aan hulle skryf dat hulle hul moet afsonder van dié dinge wat deur afgode besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,Lev 17-19

21. want van die vroegste geslagte af het Moshe díégene, wat hom in elke stad verkondig terwyl hy elke Shabbat in die bymekaarkomplekke gelees word.”

22. Toe het die afgevaardigdes en die oudstes saam met die hele gemeente manne vanuit hulle gekies en na Antiogeia gestuur saam met Sha’ul en Bar-Nabba; naamlik Y’hudah, wat genoem word Bar-Sabba en Sila, manne wat leiers onder die broers was.

23. Deur hulle hand het hulle dít geskryf: “Die afgevaardigdes, die oudstes en die broers; aan die broers uit die nasies in Antiogeia, Sirië en Kilikia: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15