Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 14:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe hulle dit te wete kom het hulle na die stede van Lukaonia: Lustra, Derbe en die dorpies rondom, gevlug.

7. Daar het hulle die goeie boodskap verkondig.

8. In Lustra het daar ’n sekere man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Kreupel, van geboorte af het hy nog nooit geloop nie.

9. Hy het geluister terwyl Sha’ul praat en Sha’ul het hom stip dopgehou en, toe hy sien dat hy die vertroue het om lewe te ontvang,

10. met ’n harde stem vir hom gesê: “Vir jou sê ek in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, staan regop op jou voete!” Hy het opgespring en rondgeloop,

11. maar toe die mense sien wat Sha’ul gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in die taal van die land: “Die gode het soos mense geword en afgekom na ons toe.”

12. Hulle het vir Bar-Nabba, meester van die gode (Zeus, Júpiter) genoem en vir Sha’ul, Hermes (Mercurius) omdat hy die boodskapper was.

13. Die priester van ‘die meester van die gode,’ wie se tempel buite hulle stad was, het bulle en sierkranse na die poorte gebring en wou ’n offer aan hulle bring,

14. maar toe die afgevaardigdes, Bar-Nabba en Sha’ul, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die mense ingehardloop, uitgeroepPs 146:6

Lees volledige hoofstuk Handelinge 14