Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:40-52 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Wees dan versigtig dat dit wat die profete gesê het nie oor julle kom nie:Hav 1:5‘Let op, julle bespotters en wees verwonderd en word vernietig, want Ek gaan iets in julle tyd doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie’.”

42. Toe hulle van hul af weggaan, het hulle wat van ander nasies is hulle gevra dat hulle die volgende Shabbat hierdie boodskap by hulle sou bring.

43. Toe die bymekaarkoms verby was, het baie van die Jode en vreemdelinge, wat aanbidders van God was, saam met Sha’ul en Bar-Nabba gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle oortuig om in die onverdiende guns van God te bly.

44. Die volgende Shabbat het die hele stad saamgekom om die boodskap van God te hoor,

45. maar toe die Jode die skare mense sien, is hulle met woede vervul en het met bose woorde weerspreek wat deur Sha’ul gesê is.

46. Sha’ul en Bar-Nabba het reguit, openlik, gepraat en gesê: “Dit was noodsaaklik dat die boodskap van God eerste aan julle verkondig moes word, maar julle het dit verwerp en teen julleself besluit dat julle nie die ewige lewe werd is nie. Let op, ons draai na die ander nasies toe,Yes 49:6

47. want so het ons Meester ons beveel, soos dit geskryf is: ‘Ek het U ’n Lig vir die nasies gemaak, om tot lewe te wees tot aan die eindes van die aarde’.”

48. Toe dié van ander nasies dit hoor, was hulle verheug en hulle het God geloof, geëer en aanbid en almal wat gevestig was tot die ewige lewe, het vertrou.

49. Die boodskap van יהוה is deur die hele streek versprei,

50. maar die Jode het die belangrike manne en die gesiene godsdienstige vroue van die stad opgesweep en teen Sha’ul en Bar-Nabba ’n vervolging begin en hulle uit hul gebied verdryf.

51. Toe hulle weggaan, het hulle die stof van hulle voete teen hulle afgeskud en na Ikónion gegaan.

52. Die studentevolgelinge is vervul met blydskap en met die Gees van Afsondering.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13