Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:4-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle het, nadat hulle deur die Gees van Afsondering uitgestuur is, afgegaan na Seleukeia en daarvandaan op die see gevaar na Kupros.

5. Toe hulle in Salamis gekom het, het hulle die boodskap van ons Meester in die bymekaarkomplekke van die Jode verkondig en Yoganan het hulle bedien.

6. Hulle het die eiland deurkruis tot by Pafos en ’n towenaar gevind, ’n valse profeet, ’n Jood met die naam van Bar-Y’hoshua. (Ar. Bar-Shuma).

7. Hy was by die goewerneur Sergios Paulos, ’n verstandige man. Dié het Bar-Nabba en Sha’ul laat roep en het begeer om die boodskap van God te hoor,

8. maar hierdie towenaar, Bar-Shuma, wie se naam vertaal word as Elumas (Gr.), het hulle teëgestaan, want hy wou die goewerneur wegdraai van die geloof.

9. Sha’ul, wat ook Paulos genoem is, vol van die Gees van Afsondering, het stip na hom gekyk

10. en gesê: “O, een vol van alle misleiding en alle boosheid, seun van die teëstander en vyand van alle onpartydige opregtheid, sal jy nie ophou om die reguit paaie van יהוה te verdraai nie?

11. Die hand van יהוה is nou op jou en jy sal blind wees en die son vir ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het daar donkerte en duisternis op hom geval en hy het rondgeloop en gesoek na iemand wat hom aan die hand kon lei.

12. Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verstom en het vertrou in die leer van יהוה,

13. maar Sha’ul en Bar-Nabba het weggevaar van Pafos en by Perge in Pamfulia gekom. Yoganan Markos het hulle verlaat en na Yerushalayim teruggegaan,

14. maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiogeia in Pisidia gekom en hulle het op die Shabbat in die bymekaarkomplek ingegaan en gaan sit.

15. Ná die lees van die wet en die profete het die oudstes van die bymekaarkomplek na hulle gestuur en gesê: “Broers, as julle ’n boodskap van ondersteuning het, praat met die mense!”

16. Toe staan Sha’ul op, wink met die hand en sê: “Manne van Yisra’el en julle wat God aanbid, luister!Eks 6:6; Eks 12:51

17. Die God van hierdie mense het ons vaders gekies en die mense opgelig en vermeerder toe hulle vreemdelinge in Mitzrayim was en hulle met ’n verhewe arm daar uitgelei.Num 14:33,34 in die wildernis versorg

18. Hy het hulle veertig jaarDeut 7:1 en hulle land aan hulle gegee as erfenis.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13