Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Ná die lees van die wet en die profete het die oudstes van die bymekaarkomplek na hulle gestuur en gesê: “Broers, as julle ’n boodskap van ondersteuning het, praat met die mense!”

16. Toe staan Sha’ul op, wink met die hand en sê: “Manne van Yisra’el en julle wat God aanbid, luister!Eks 6:6; Eks 12:51

17. Die God van hierdie mense het ons vaders gekies en die mense opgelig en vermeerder toe hulle vreemdelinge in Mitzrayim was en hulle met ’n verhewe arm daar uitgelei.Num 14:33,34 in die wildernis versorg

18. Hy het hulle veertig jaarDeut 7:1 en hulle land aan hulle gegee as erfenis.

19. en Hy het sewe nasies in die land Kena’an uitgewisRig 2:16 tot by Sh’mu’el, die profeet.

20. Vir vier honderd en vyftig jaar lank het Hy vir hulle regters gegee

21. Hierna het hulle gevra vir ’n koning en God het vir hulle Sha’ul, die seun van Kish, ’n man uit die stam van Binyamin, vir veertig jaar lank gegee.Ps 89:21; 1 Sh'm 13:14

22. Hy het hom verwyder en Hy het Dawid vir hulle opgelig as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: “Ek het Dawid, die seun van Yishai, ’n man na My gedagtes en wil gevind, wat My begeertes sal doen.Yes 11:1-4; Yir 23:5,6; Ps 89:4,5

23. Uit die nageslag van hierdie man het God, volgens die belofte, Yeshua as Verlosser laat opstaan vir Yisra’el.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13