Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:12-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Terwyl hy dit oordink, kom hy by die huis van Miryam, die moeder van Yoganan, wat ook Markos genoem word, waar baie in gebed bymekaar was.

13. Hy het aan die buitedeur geklop; ’n diensmeisie met die naam van Rhode het gegaan om dit te antwoord

14. en sy het die stem van Shim’on herken en in haar blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en aangekondig dat Shim’on voor die deur staan.

15. Hulle sê egter vir haar: “Jy is deurmekaar,” maar sy het volhard dat dit so is. Daarop sê hulle: “Miskien is dit sy engel.”

16. Shim’on het aangehou met klop en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verwonderd teenoor mekaar.

17. Hy het vir hulle met die hand gewys om stil te bly en ingekom en aan hulle vertel hoe יהוה hom uit die tronk uitgebring het en hy sê: “Vertel dit aan Ya’akov en die broers.” Hy het uitgegaan na ’n ander plek toe.

18. Toe dit oggend was, was daar ’n groot oproer onder die soldate oor wat van Shim’on geword het!

19. Toe Herodes hom gesoek en nie gekry het nie, het hy die wagte veroordeel, beveel dat hulle doodgemaak moes word en hy het van Y’hudah na Kaisareia gegaan en daar gebly.

20. Omdat hy in vyandskap was met die mense van Tzor en Tzidon, het hulle saamgespan en na hom toe gekom en nadat hulle Blastos, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra omdat hulle land voorsiening uit die koning s’n ontvang het.

21. Op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op die regstroon gaan sit en met die skare gepraat,

22. maar al die mense het uitgeroep en gesê: “’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!”

23. Omdat hy nie die eer, lof en aanbidding aan God gegee het nie, het ’n engel van יהוה hom onmiddellik geslaan en hy is deur wurms opgeëet en is dood,

24. maar die goeie boodskap van God is verkondig en het gegroei.

25. Bar-Nabba en Sha’ul het vanaf Yerushalayim teruggekeer na Antiogeia nadat hulle hul dienswerk voltooi het en hulle het Yoganan saamgevat, wat ook Markos genoem word.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12