Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 4:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Julle is daarom nie slawe nie, maar kinders en as julle kinders is, dan ook erfgename van God deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

8. maar toe julle God nie geken het nie, het julle dit gedien wat van nature geen god is nie,

9. maar nou dat julle God ken en spesiļ¬ek omdat julle deur God geken is, draai julle weer terug na die siek en swak beginsels om, weer van voor af, aan hulle onderworpe te wees.

10. Julle hou dae, maande, vasgestelde tye en jare.

11. Ek is bang dat ek miskien doelloos aan julle gewerk het.

12. Broers, ek smeek julle, word soos ek, want ek het soos julle geword. Julle het geen onreg aan my gedoen nie,

13. maar julle weet dat ek vroeër deur my swakheid van liggaam die goeie boodskap aan julle verkondig het

14. en julle het die toets aan my liggaam nie verag of verwerp nie, maar julle het my ontvang as ’n boodskapper van God, asóf Die Gesalfde Een, Yeshua self.

15. Waar is dan julle lofverklaring? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, julle oë sou uitgrawe en vir my sou gee.

16. Het ek julle vyand geword omdat ek aan julle die waarheid verkondig het?

17. Hulle is jaloers op julle, nie vir ’n goeie doel nie, maar om julle te onderdruk sodat julle hulle kan navolg.

18. Dit is goed as julle streef na iets goeds en nie alleen wanneer ek by julle is nie.

19. My kinders, vir wie ek weer van voor af in geboortepyne is totdat die realiteit van Die Gesalfde Een ten volle in julle gevorm is,

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 4