hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek sê: solank as die erfgenaam ’n kind is, verskil hy nie van die slawe nie, alhoewel hy hulle almal se meester is,

2. maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader bepaal is.

3. So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die wêreld,

4. maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en onderworpe aan die geskrewe wet,

5. om die wat onder die geskrewe wet was, los te koop sodat ons die aanvaarding as kinders kon ontvang,

6. maar omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle verstand, wil en emosie gestuur, wat uitroep tot die Vader: “Ons Vader!”

7. Julle is daarom nie slawe nie, maar kinders en as julle kinders is, dan ook erfgename van God deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

8. maar toe julle God nie geken het nie, het julle dit gedien wat van nature geen god is nie,

9. maar nou dat julle God ken en spesiļ¬ek omdat julle deur God geken is, draai julle weer terug na die siek en swak beginsels om, weer van voor af, aan hulle onderworpe te wees.

10. Julle hou dae, maande, vasgestelde tye en jare.

11. Ek is bang dat ek miskien doelloos aan julle gewerk het.

12. Broers, ek smeek julle, word soos ek, want ek het soos julle geword. Julle het geen onreg aan my gedoen nie,

13. maar julle weet dat ek vroeër deur my swakheid van liggaam die goeie boodskap aan julle verkondig het

14. en julle het die toets aan my liggaam nie verag of verwerp nie, maar julle het my ontvang as ’n boodskapper van God, asóf Die Gesalfde Een, Yeshua self.

15. Waar is dan julle lofverklaring? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, julle oë sou uitgrawe en vir my sou gee.

16. Het ek julle vyand geword omdat ek aan julle die waarheid verkondig het?

17. Hulle is jaloers op julle, nie vir ’n goeie doel nie, maar om julle te onderdruk sodat julle hulle kan navolg.

18. Dit is goed as julle streef na iets goeds en nie alleen wanneer ek by julle is nie.

19. My kinders, vir wie ek weer van voor af in geboortepyne is totdat die realiteit van Die Gesalfde Een ten volle in julle gevorm is,

20. Ek verkies om nou by julle te wees en my stem te verander omdat ek nie raad het met julle nie.

21. Julle wat onder die geskrewe wet wil wees, sê vir my, verstaan julle nie wat die geskrewe wet sê nie?Gen 16; Gen 21:1-21

22. Want daar is geskrywe: “Avraham het twee seuns gehad, een vanuit ’n slavin en een vanuit ’n vry vrou,Gen 18:9-15

23. maar hy wat vanuit die slavin gebore is, is na die vlees gebore, maar die een vanuit die vry vrou deur die belofte.

24. Hierdie is ’n illustrasie van twee verbonde: een, wat kom van die berg Sinai, wat geboorte gee in slawerny: dit is Hagar,

25. want Hagar staan vir die berg Sinai wat in Arabië is en oorgee aan die Yerushalayim van nou, wat saam met haar kinders in slawerny is,

26. maar daardie Yerushalayim is die vry vrou: wat ons almal se moeder is,Yes 54:1

27. want daar is geskryf: “Verbly jou, onvrugbare wat nie voortbring nie! Breek uit en roep, jy wat geen geboortepyne het nie, want die kinders van die verlatene is meer as van haar wat begunstig is!”

28. Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte

29. en net soos toe hy wat na die menslike natuur gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, net so is dit ook nou,Gen 21:10

30. maar wat sê die Skrif? ‘Gooi die slavin en haar seun uit, want die seun van die slavin sal nie saam met die seun van die vry vrou erf nie’.

31. Ons is daarom, my broers, nie kinders van die slavin nie, maar van die vry vrou.