Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 4:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Dit is goed as julle streef na iets goeds en nie alleen wanneer ek by julle is nie.

19. My kinders, vir wie ek weer van voor af in geboortepyne is totdat die realiteit van Die Gesalfde Een ten volle in julle gevorm is,

20. Ek verkies om nou by julle te wees en my stem te verander omdat ek nie raad het met julle nie.

21. Julle wat onder die geskrewe wet wil wees, sê vir my, verstaan julle nie wat die geskrewe wet sê nie?Gen 16; Gen 21:1-21

22. Want daar is geskrywe: “Avraham het twee seuns gehad, een vanuit ’n slavin en een vanuit ’n vry vrou,Gen 18:9-15

23. maar hy wat vanuit die slavin gebore is, is na die vlees gebore, maar die een vanuit die vry vrou deur die belofte.

24. Hierdie is ’n illustrasie van twee verbonde: een, wat kom van die berg Sinai, wat geboorte gee in slawerny: dit is Hagar,

25. want Hagar staan vir die berg Sinai wat in Arabië is en oorgee aan die Yerushalayim van nou, wat saam met haar kinders in slawerny is,

26. maar daardie Yerushalayim is die vry vrou: wat ons almal se moeder is,Yes 54:1

27. want daar is geskryf: “Verbly jou, onvrugbare wat nie voortbring nie! Breek uit en roep, jy wat geen geboortepyne het nie, want die kinders van die verlatene is meer as van haar wat begunstig is!”

28. Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 4