Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 4:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek sê: solank as die erfgenaam ’n kind is, verskil hy nie van die slawe nie, alhoewel hy hulle almal se meester is,

2. maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader bepaal is.

3. So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die wêreld,

4. maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en onderworpe aan die geskrewe wet,

5. om die wat onder die geskrewe wet was, los te koop sodat ons die aanvaarding as kinders kon ontvang,

6. maar omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle verstand, wil en emosie gestuur, wat uitroep tot die Vader: “Ons Vader!”

7. Julle is daarom nie slawe nie, maar kinders en as julle kinders is, dan ook erfgename van God deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

8. maar toe julle God nie geken het nie, het julle dit gedien wat van nature geen god is nie,

9. maar nou dat julle God ken en spesiļ¬ek omdat julle deur God geken is, draai julle weer terug na die siek en swak beginsels om, weer van voor af, aan hulle onderworpe te wees.

10. Julle hou dae, maande, vasgestelde tye en jare.

11. Ek is bang dat ek miskien doelloos aan julle gewerk het.

12. Broers, ek smeek julle, word soos ek, want ek het soos julle geword. Julle het geen onreg aan my gedoen nie,

13. maar julle weet dat ek vroeër deur my swakheid van liggaam die goeie boodskap aan julle verkondig het

14. en julle het die toets aan my liggaam nie verag of verwerp nie, maar julle het my ontvang as ’n boodskapper van God, asóf Die Gesalfde Een, Yeshua self.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 4