Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hierdie dinge wat julle geleer, ontvang, gehoor en in my gesien het, doen dit en die God van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed sal by julle wees.

10. Ek het my baie in ons Meester verbly dat julle voortgegaan het om om te gee vir my; net soos julle nog altyd omgegee het, maar nie ten volle in staat was nie.

11. Nie dat ek dit sê omdat ek behoefte het nie, want ek het geleer dat, wat ek ook al het, vir my genoeg sal wees.

12. Ek weet wat dit is om verneder te word; ek weet wat dit is om oorvloed in alles te hê en in alles leer ek: ook om versadig te wees, ook om honger te ly, in oorvloed en in armoede,

13. want ek is kragtig opgewasse teen alles, deur Die Gesalfde Een wat my krag gee.

14. Nogtans het julle goed gedoen deur deel te hê in my laste,

15. maar weet ook, julle Filippense, dat by die aanvang van die goeie boodskap, toe ek van Makedonia af vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van gee en ontvang nie, behalwe julle alleen

16. en ook in Thessalonike het julle, dit wat ek nodig gehad het, een of twee maal vir my gestuur.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4