Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:17-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Nie dat ek geskenke soek nie, maar dat julle vrug mag vermeerder.

18. Ek het alles ontvang en daar is oorvloed en ek het meer as genoeg noudat ek van Epafroditos ontvang het wat deur julle gestuur is, ’n soet reukoffer, aanvaarbaar, wat God tevrede stel.

19. My God sal al julle behoeftes vervul deur Sy rykdom in die goedheid en rykdom van Yeshua, Die Gesalfde Een.

20. Aan God ons Vader die eer, lof en aanbidding vir tydlose ewigheid! Dit is waar!

21. Groet al die afgesonderdes wat in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een is. Die broers wat saam met my is, groet julle.

22. Al die afgesonderdes, maar veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.

23. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4