Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers vir wie ek lief is; my blydskap en kroon, staan daarom op dié manier vas in ons Meester.

2. Ek doen ’n beroep op Euodia en Suntuge om een van gedagte te wees in ons MeesterOpen 20:12,15

3. en ek vra jou, wat opreg die juk saam met my dra; help hierdie wat saam met my gestoei het in die goeie boodskap; saam met Klemes en my ander medewerkers wie se name in die boekrol van die lewe geskryf is.

4. Verheug julle in eenheid met ons Meester; ek sê weer: verheug julle!

5. Laat alle mense julle nederigheid sien. Ons Meester is naby.

6. Wees oor niks bekommerd nie, maar maak julle begeertes elke keer deur gebed, versoeke en danksegging by God bekend

7. en die vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed van God, Hy wat ver bo alle kennis en begrip is, sal julle gedagtes, wil, emosie en julle begrip beskerm in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een;

8. daarom, my broers: voed julleself met alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat onskuldig en opreg is, alles wat skoon is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is en daardie werke van lof en eer, wat geprys word.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4