Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:18-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Net so moet julle ook saam met my bly wees en julle verheug.

19. Ek verwag, in eenheid met ons Meester, Yeshua, om Timotheos gou na julle te stuur sodat dit vir my ook verfrissend kan wees wanneer ek van julle hoor,

20. want ek het niemand anders hier wat net soos ek ernstig omgee vir julle nie,

21. want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Die Gesalfde Een, Yeshua nie.

22. Die bewys van hiérdie een ken julle, dat hy, soos ’n kind by sy vader, saam met my in diens van die goeie boodskap is.

23. Ek verwag om hom gou te stuur, sodra ek sien hoe dit met my sal gaan

24. en ek vertrou op my Meester dat ek self ook gou na julle toe sal kom.

25. Nou het ’n saak my genoodsaak om Epafroditos, my broer, medewerker en julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle toe te stuur

26. omdat hy na julle almal verlang het en besorg was omdat julle gehoor het dat hy siek was,

27. want hy was ook siek, naby die dood, maar God het vir hom omgegee en nie vir hom alleen nie, maar ook vir my sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28. Ek het hom daarom gretiglik gestuur sodat julle hom kan sien en julle verbly en ek ’n bietjie sal rus.

29. Ontvang hom daarom in יהוה in alle vreugde en hou sulke manne in hoë eer,

30. want ter wille van die werk van Die Gesalfde Een het hy tot naby die dood gekom en sy lewe nie in ag geneem, om te voltooi wat julle kortgekom het in die dienslewering aan my, nie.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2