Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. want julle staan in die plek van lewe vir hulle; vir my om oor te roem in die dag van Die Gesalfde Een, want ek het nie verniet gehardloop of vir niks gewerk nie,

17. maar al word ek as ’n drankoffer uitgegooi oor julle offer en die diens van julle vertroue, verbly en verheug ek my saam met julle almal.

18. Net so moet julle ook saam met my bly wees en julle verheug.

19. Ek verwag, in eenheid met ons Meester, Yeshua, om Timotheos gou na julle te stuur sodat dit vir my ook verfrissend kan wees wanneer ek van julle hoor,

20. want ek het niemand anders hier wat net soos ek ernstig omgee vir julle nie,

21. want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Die Gesalfde Een, Yeshua nie.

22. Die bewys van hiérdie een ken julle, dat hy, soos ’n kind by sy vader, saam met my in diens van die goeie boodskap is.

23. Ek verwag om hom gou te stuur, sodra ek sien hoe dit met my sal gaan

24. en ek vertrou op my Meester dat ek self ook gou na julle toe sal kom.

25. Nou het ’n saak my genoodsaak om Epafroditos, my broer, medewerker en julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle toe te stuur

Lees volledige hoofstuk Filippense 2