Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 4:11-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en Hy het sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as boodskappers van die goeie boodskap en sommige as herders en sommige as leermeesters gegee,

12. om die afgesonderdes volledig te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing van die liggaam van Die Gesalfde Een

13. totdat ons almal een sal wees in vertroue en in kennis van die Seun van God, een man, tot die mate van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een.

14. Ons sal ook nie meer kinders wees wat geskud word en gepla word deur elke wind van lering nie; deur die bedrog van mense, wat deur slinksheid beplan om te mislei nie,

15. maar ons is standvastig in liefde sodat alles waarmee ons besig is, mag vermeerder in Die Gesalfde Een, wat die Hoof is

16. en vanuit Hom is die hele liggaam inmekaargepas en een gemaak by elke ligament, volgens die gawe wat elke ledemaat na mate ontvang het, vir die groei van Sy liggaam sodat Sy gebou in liefde voltooi kan word.Rom 1:21-32

17. Dit sê ek en getuig ek in יהוה dat julle van nou af nie langer moet leef soos die ander van ander nasies, wat leef in die leegheid van hulle denke, nie.

18. Hulle is verduister in hulle intellek en vreemdelinge aan die lewe van God, want hulle het nie kennis nie, as gevolg van die blindheid van hulle verstand, wil en emosie;Rom 1:21

19. hulle wat hulle versekerde verwagting afgesny het en hulle gees oorgegee het aan wellustigheid en die ontwikkeling van allerhande onreinhede in hul gulsigheid.

20. Julle het egter nie so geleer van Die Gesalfde Een nie,

21. as julle inderdaad na Hom geluister het en deur Hom geleer is, aangesien alles wat waarheid is in Yeshua is:

22. dat julle, die vorige optrede van die ou mens, wat deur die begeertes van misleiding korrup is, moet afgooi.

23. Julle moet die gees van julle denke voortdurend vernuwe

24. en die nuwe mens aantrek wat in God, in onpartydige opregtheid en in die reinheid van die waarheid geskape is.Z’kh 8:16 want ons is mekaar se ledemate.

25. As gevolg hiervan, gooi die leuens af en praat die waarheid, elkeen met sy medemens,Ps 4:5 laat die son nie ondergaan oor julle woede nie

26. Word kwaad en moenie sondig nie;

27. en gee ook geen plek aan die lasteraar nie.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 4