hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek doen daarom ’n beroep op julle, ek, ’n gevangene in eenheid met ons Meester, om waardig te leef aan die roeping waarmee julle geroep is:

2. in alle nederigheid van gedagte, stil, met verdraagsaamheid en met geduld teenoor mekaar in liefde.

3. Wees ywerig om die eenheid van die Gees te beskerm deur die bande van vrede

4. sodat julle in een liggaam en in een Gees sal wees, net soos toe julle geroep is in een versekerde verwagting van julle roeping,Deut 6:4 een vertroue, een doop,

5. want daar is een יהוה,

6. een God, die Vader van almal, wat oor almal en by almal en in ons almal is,

7. maar aan elkeen van ons is onverdiende guns gegee volgens die grootte van die geskenk van Die Gesalfde Een.Ps 68:19

8. As gevolg hiervan word gesê: “Hy het opgevaar na die hoogte en het die gevangeskap gevange geneem en geskenke aan die mense gegee.”

9. Dít: ‘Hy het opgevaar’, wat beteken dit anders as dat Hy ook eers afgekom het na die laer dele, die aarde?

10. Die Een wat afgekom het, is dieselfde Een wat opgegaan het ver bo al die hemele sodat Hy alles kon herstel

11. en Hy het sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as boodskappers van die goeie boodskap en sommige as herders en sommige as leermeesters gegee,

12. om die afgesonderdes volledig te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing van die liggaam van Die Gesalfde Een

13. totdat ons almal een sal wees in vertroue en in kennis van die Seun van God, een man, tot die mate van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een.

14. Ons sal ook nie meer kinders wees wat geskud word en gepla word deur elke wind van lering nie; deur die bedrog van mense, wat deur slinksheid beplan om te mislei nie,

15. maar ons is standvastig in liefde sodat alles waarmee ons besig is, mag vermeerder in Die Gesalfde Een, wat die Hoof is

16. en vanuit Hom is die hele liggaam inmekaargepas en een gemaak by elke ligament, volgens die gawe wat elke ledemaat na mate ontvang het, vir die groei van Sy liggaam sodat Sy gebou in liefde voltooi kan word.Rom 1:21-32

17. Dit sê ek en getuig ek in יהוה dat julle van nou af nie langer moet leef soos die ander van ander nasies, wat leef in die leegheid van hulle denke, nie.

18. Hulle is verduister in hulle intellek en vreemdelinge aan die lewe van God, want hulle het nie kennis nie, as gevolg van die blindheid van hulle verstand, wil en emosie;Rom 1:21

19. hulle wat hulle versekerde verwagting afgesny het en hulle gees oorgegee het aan wellustigheid en die ontwikkeling van allerhande onreinhede in hul gulsigheid.

20. Julle het egter nie so geleer van Die Gesalfde Een nie,

21. as julle inderdaad na Hom geluister het en deur Hom geleer is, aangesien alles wat waarheid is in Yeshua is:

22. dat julle, die vorige optrede van die ou mens, wat deur die begeertes van misleiding korrup is, moet afgooi.

23. Julle moet die gees van julle denke voortdurend vernuwe

24. en die nuwe mens aantrek wat in God, in onpartydige opregtheid en in die reinheid van die waarheid geskape is.Z’kh 8:16 want ons is mekaar se ledemate.

25. As gevolg hiervan, gooi die leuens af en praat die waarheid, elkeen met sy medemens,Ps 4:5 laat die son nie ondergaan oor julle woede nie

26. Word kwaad en moenie sondig nie;

27. en gee ook geen plek aan die lasteraar nie.

28. Hy wat gesteel het, moet van nou af nie steel nie, maar laat hom hard werk met sy hande en doen wat goed is sodat hy iets kan hê om te gee aan die een wat gebrek het.

29. Laat daar geen haatlike woorde uit julle mond uitgaan nie, maar wat goed is en bruikbaar vir die nodige opbouing sodat jy onverdiende guns kan gee aan die wat dit hoor

30. en moet ook nie die Gees van Afsondering van God, in Wie julle verseël is tot die dag van bevryding, droewig maak nie.

31. Alle bitterheid, woede, toorn, geskree en beledigings moet van julle af weggevat word, saam met alle boosheid,

32. maar wees sag en vol omgee teenoor mekaar; vergewe mekaar net soos God ons ook in Die Gesalfde Een vergewe het.