Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 4:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek doen daarom ’n beroep op julle, ek, ’n gevangene in eenheid met ons Meester, om waardig te leef aan die roeping waarmee julle geroep is:

2. in alle nederigheid van gedagte, stil, met verdraagsaamheid en met geduld teenoor mekaar in liefde.

3. Wees ywerig om die eenheid van die Gees te beskerm deur die bande van vrede

4. sodat julle in een liggaam en in een Gees sal wees, net soos toe julle geroep is in een versekerde verwagting van julle roeping,Deut 6:4 een vertroue, een doop,

5. want daar is een יהוה,

6. een God, die Vader van almal, wat oor almal en by almal en in ons almal is,

7. maar aan elkeen van ons is onverdiende guns gegee volgens die grootte van die geskenk van Die Gesalfde Een.Ps 68:19

8. As gevolg hiervan word gesê: “Hy het opgevaar na die hoogte en het die gevangeskap gevange geneem en geskenke aan die mense gegee.”

9. Dít: ‘Hy het opgevaar’, wat beteken dit anders as dat Hy ook eers afgekom het na die laer dele, die aarde?

10. Die Een wat afgekom het, is dieselfde Een wat opgegaan het ver bo al die hemele sodat Hy alles kon herstel

11. en Hy het sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as boodskappers van die goeie boodskap en sommige as herders en sommige as leermeesters gegee,

12. om die afgesonderdes volledig te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing van die liggaam van Die Gesalfde Een

13. totdat ons almal een sal wees in vertroue en in kennis van die Seun van God, een man, tot die mate van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 4