Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 2:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Nou, in Die Gesalfde Een, Yeshua, het julle wat vroeër op ’n afstand was, naby gekom deur die bloed van Die Gesalfde Een,

14. want Hy is ons Vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding vernietig het.

15. In Sy fisiese liggaam het Hy die haat waardeloos gemaak, wat deur die opinie van mense veroorsaak is aangaande opdragte aangaande die wet sodat deur Sy liggaam, die twee tot een nuwe mens geskep kon word.

16. Hy het die twee se verhouding met God herstel in Een liggaam en deur Sy kruisiging die haat doodgemaak.Yes 57:19

17. Hy het gekom en die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed aan julle wat ver was en aan die wat naby was verkondig,

18. want in Hom is daar vir ons albei toegang deur een Gees tot die Vader.Heb 11:13-16; Open 21:2-27

19. Julle is daarom nie meer vreemdelinge en besoekers nie, maar inwoners van die Stad van die Afgesonderde Een en kinders van die familie van God.Ps 118:22-23

20. Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete, met Yeshua, Die Gesalfde Een, self die Hoeksteen van die gebou.

21. In Hom word die hele gebou aanmekaar gesit en dit groei tot ’n afgesonderde tempel in eenheid met יהוה

22. terwyl julle ook vir Hom gebou word tot ’n blyplek van God in die Gees.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 2