Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 4:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. As jy kom, moet jy die boektas bring wat ek by Karpos in Troas gelos het en die boekrolle, veral dié rolle van perkament.

14. Alexander, die kopersmid, het my groot boosheid aangedoen. Mag ons Meester hom beloon volgens sy dade!

15. Wees jy ook versigtig vir hom, want hy is baie arrogant teenoor ons boodskappe.

16. By my eerste verdediging het niemand my ondersteun nie, maar almal het my verlaat. Mag dit nie teen hulle bereken word nie!

17. My Meester het my egter ondersteun en my in staat gestel sodat deur my die verkondiging heeltemal voltooi kan word en al die ander nasies dit kan hoor, dat ek uit die bek van die leeu bevry is

18. en my Meester sal my bevry van elke bose daad en sal aan my Lewe gee in Sy Koninkryk, wat in die hemel is, want tot Hom is die eer, lof en aanbidding vir tydlose ewigheid! Dit is waar.

19. Groet Priskilla en Akulas en die huis van Onesiforos.

20. Erastos het in Korinthos gebly. Troļ¬mos het ek siek in Miletos gelos.

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 4