Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 4:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek beveel jou, voor God en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat die lewende en dié wat dood is, gaan oordeel by die openbaring van Sy Koninkryk:

2. verkondig die boodskap; staan ywerig daarop, tydig en ontydig; berispe, spreek aan met baie aanhoudende geduld en lering,

3. want daar kom ’n tyd dat hulle die ware leer nie sal gehoorsaam nie, maar leermeesters bymekaarmaak volgens hulle eie begeertes, wat hulle gehoor kan streel

4. en hulle sal hulle ore van die waarheid af wegdraai en na fabels toe draai.

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 4