Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 2:16-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. en leë, vrugtelose praatjies vermy, want hulle sal al meer by hulle boosheid byvoeg, húlle wat daarin praat

17. en hulle boodskap sal baie aangryp soos ’n verterende kanker. Een van hulle is Hoemenaios en ’n ander, Filetos,

18. hulle wat van die waarheid af weggedraai het en sê dat die opstanding uit die dood reeds plaasgevind het en hulle gooi die vertroue van sommige omver.Num 16:5; Nag 1:7 “יהוה ken dié wat Syne is;” en: “Laat elkeen wat hom beroep op die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, homself afsonder van boosheid.”Num 16:26

19. Die fondasie van God staan vas en hierdie is die seël:

20. In ’n groot huis is daar nie slegs artikels van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei; sommige tot eer, maar ander tot oneer;

21. daarom, as iemand hom daarvan sal reinig, sal hy ’n artikel tot eer wees, geskik vir gebruik deur sy Meester en gereed vir elke goeie daad.

22. Vlug weg van al die begeertes van die jeug, hardloop na onpartydige opregtheid, vertroue, liefde, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, saam met die wat hulle beroep op ons Meester met ’n suiwer verstand, wil en emosie.

23. Bly weg van die woordestryd van dwase wat nie leiding het nie omdat jy weet dat dit ’n stryd veroorsaak,

24. maar ’n slaaf van ons Meester behoort nie te baklei nie, maar behoort nederig te wees teenoor almal, lerend en met langdurige geduld

25. sodat hy die wat teen hom stry in nederigheid kan leer sodat God hulle dalk sal gee om weg te draai van hulle sonde, hulle die waarheid sal ken

26. en hulle tot hul sinne sal kom en losbreek van die strik van die teëstander waardeur hulle gevang was om sy wil te doen.

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 2