Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 3:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Aan sulke mense beveel en versoek ons deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om stil te werk en hulle eie brood te eet,

13. maar julle, my broers, moenie moeg word om wat uitstekend is te doen nie.

14. As iemand nie gehoorsaam is aan ons boodskap in hierdie brief nie, skei hom van julle af en hou geen gemeenskap met hom nie sodat hy skaam kan word

15. en beskou hom nie as ’n vyand nie, maar waarsku hom as ’n broer.

16. Hy, die Meester van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee altyd vir julle elkeen vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid! Ons Meester is in alles by julle almal!

17. Groete, met my eie hand wat ’n teken is in elke brief: van Sha’ul. Dit is hoe ek skryf.

18. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonisense 3