hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van nou af, broers: bid vir ons dat die boodskap van ons Meester mag voort hardloop en op elke plek vereer en geloof mag word net soos by julle

2. en dat ons gered sal word van bose en wrede mense, want nie almal vertrou nie,

3. maar יהוה is vertrouenswaardig. Hy wat julle sal beskerm en julle sal bevry van boosheid.

4. Ons vertrou op julle in ons Meester, dat julle alles gedoen het en ook sal doen dit wat ons julle beveel het.

5. Ons Meester sal julle verstand, wil en emosie lei na die verkondiging van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een tot binne-in die liefde van God in!

6. Ons beveel julle, my broers, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, dat julle jul afskei van elke broer wat sleg en boos leef en nie volgens die opdragte wat hulle van ons ontvang het nie,

7. want julle weet self dat dit reg is om ons na te volg, want ons het nie sleg en boos onder julle geleef nie;

8. ons het ook nie brood by iemand verniet geëet nie, maar ons het met harde werk en inspanning nag en dag gewerk om niemand van julle tot las te wees nie.

9. Nie dat ons nie die outoriteit het nie, maar om deur ons lewe vir julle ’n voorbeeld voor te hou sodat julle ons kan navolg,

10. want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie,

11. want ons hoor dat sommige onder julle sleg en boos leef, dat hulle geen werk doen nie, net mooi niks nie!

12. Aan sulke mense beveel en versoek ons deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om stil te werk en hulle eie brood te eet,

13. maar julle, my broers, moenie moeg word om wat uitstekend is te doen nie.

14. As iemand nie gehoorsaam is aan ons boodskap in hierdie brief nie, skei hom van julle af en hou geen gemeenskap met hom nie sodat hy skaam kan word

15. en beskou hom nie as ’n vyand nie, maar waarsku hom as ’n broer.

16. Hy, die Meester van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee altyd vir julle elkeen vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid! Ons Meester is in alles by julle almal!

17. Groete, met my eie hand wat ’n teken is in elke brief: van Sha’ul. Dit is hoe ek skryf.

18. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar.