Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 2:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Laat niemand julle op enige manier mislei nie omdat ’n opstand eers moet kom en die man van sonde eers openbaar moet word, die seun van vernietiging,Yeg 28:2; Dan 8:11,23-25

4. die teëstander wat homself hoër lig bo elke ding wat god genoem word of ’n voorwerp van aanbidding is, net soos hy in die tempel van God as god sal sit en voorgee dat hy God is.

5. Onthou julle nie dat ek hierdie dinge vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6. Nou weet julle wát beheer sodat hy op sy aangewese tyd openbaar kan word,

7. want die geheime van die wetsoortreders is alreeds aktief aan die werk, net totdat hy wat nou beheer, verwyder wordYes 11:4; Iyov 4:9 vernietig sal word en deur die openbaring van Sy koms tot niet gemaak sal word.

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonisense 2