hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons vra julle, my broers, aangaande die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en aangaande ons bymekaarkoms by Hom,

2. om nie gou in julle gedagtes geskud te word nie; ook nie omgekrap te word deur boodskap of gees of brief wat, asof van ons af, sou kom dat naamlik, let op, die dag van Die Gesalfde Een reeds aangebreek het nie.

3. Laat niemand julle op enige manier mislei nie omdat ’n opstand eers moet kom en die man van sonde eers openbaar moet word, die seun van vernietiging,Yeg 28:2; Dan 8:11,23-25

4. die teëstander wat homself hoër lig bo elke ding wat god genoem word of ’n voorwerp van aanbidding is, net soos hy in die tempel van God as god sal sit en voorgee dat hy God is.

5. Onthou julle nie dat ek hierdie dinge vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6. Nou weet julle wát beheer sodat hy op sy aangewese tyd openbaar kan word,

7. want die geheime van die wetsoortreders is alreeds aktief aan die werk, net totdat hy wat nou beheer, verwyder wordYes 11:4; Iyov 4:9 vernietig sal word en deur die openbaring van Sy koms tot niet gemaak sal word.

8. en dan sal die Wettelose openbaar word; hy wat met die asem van ons Meester, Yeshua se mond

9. Die koms van díé een is volgens die werking van die teëstander, in elke vals krag, tekens en wonderwerke

10. en met elke misleiding van boosheid in wat vernietig word, want hulle het nie die liefde vir die waarheid aanvaar waarin hulle lewe sou hê nie.

11. God het daarom vir hulle die effektiewe werking van die misleiding gestuur dat hulle die leuen sal glo.

12. Almal wat nie vertrou het in die waarheid nie, maar boosheid gekies het, sal geoordeel word.

13. Ons is dit verskuldig om God te alle tye vir julle te dank, my broers vir wie ons Meester lief is, dat God julle van die begin af gekies het tot lewe, in die afsondering van die Gees en in vertroue van die waarheid,

14. waartoe Hy julle geroep het deur ons verkondiging van die goeie boodskap om die eer en lof van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een te wees.

15. Wees daarom standvastig, my broers en hou vas aan die opdragte wat julle geleer het òf in die Boodskap òf in ’n brief van ons.

16. Mag ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en God-ons-Vader, wat ons lief het en vir ons ’n ewige troos en versterking en ’n goeie versekerde verwagting in onverdiende guns gegee het,

17. julle verstand wil en emosie versterk en vertroos en mag Hy in elke woord en goeie daad wees!