Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 9:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. sodat wanneer die manne van Makedonia saam met my kom en julle miskien nie voorbereid is nie, ons, om nie te sê julle, nie beskaam word in hierdie vertroue waarin ons roem nie.

5. As gevolg hiervan het ek dit dus nodig geag om die broers te vra om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde seëning vooraf reg te kry sodat dit gereed kan wees as ’n seëning en nie as iets wat afgepers is nie.

6. Meer nog, dit: wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig oes en wie volop saai, sal ook volop oes.Spr 22:8,9

7. Elkeen gee soos hy besluit het in sy verstand, wil en emosie, nie treurig of uit verpligting nie, want God het ’n vreugdevolle gewer lief.

8. God is in staat om alle onverdiende guns in julle te vermeerder sodat julle altyd in alles genoeg kan hê en julle oorvloedig kan wees in elke goeie werk.Ps 112:9

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 9