Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Julle vir wie ons lief is omdat daar vir ons hierdie beloftes is, laat ons onsself daarom reinig van alle vuilheid van die vlees en die gees en laat ons groei in afgesonderdheid uit respekvolle vrees vir God.

2. Wees geduldig met ons, broers. Ons het aan niemand boos gedoen nie; ons het niemand korrup gemaak nie; ons het niemand ingedoen nie.

3. Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vroeër gesê dat julle in ons gedagtes, wil en emosie is om as een te sterf en te leef.

4. Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle. My roem oor julle is groot. Ek is ten volle vertroos en versterk en ek loop oor van blydskap te midde van al my lyding.

5. Vandat ons ook na Makedonia gekom het, was daar geen rus vir ons vlees nie, maar is ons in alles gemartel; van buite ’n stryd, van binne vrees,

6. maar God wat die vernederde versterk en vertroos, het ons versterk en vertroos deur die koms van Titos

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 7