Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 7:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Julle vir wie ons lief is omdat daar vir ons hierdie beloftes is, laat ons onsself daarom reinig van alle vuilheid van die vlees en die gees en laat ons groei in afgesonderdheid uit respekvolle vrees vir God.

2. Wees geduldig met ons, broers. Ons het aan niemand boos gedoen nie; ons het niemand korrup gemaak nie; ons het niemand ingedoen nie.

3. Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vroeër gesê dat julle in ons gedagtes, wil en emosie is om as een te sterf en te leef.

4. Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle. My roem oor julle is groot. Ek is ten volle vertroos en versterk en ek loop oor van blydskap te midde van al my lyding.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 7