Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 3:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. As die bediening van die dood, die geskrewe woord wat op klippe gegraveer is, in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gekom het sodat die seuns van Yisra’el nie kon kyk na die gesig van Moshe nie as gevolg van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid op sy gesig, wat verbygaan,

8. hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wees nie?

9. As die bediening wat veroordeel, in eer, lof en grootheid was, hoeveel meer is die bediening wat onpartydig opreg maak, oorvloedig in eer, lof en grootheid,

10. want as gevolg van die alles oortreffende eer, lof en grootheid, is, wat vroeër eer, lof en grootheid was, ook nie meer in eer, lof en grootheid nie,

11. want as daar eer, lof en grootheid was in wat moes vergaan, is daar baie meer eer, lof en grootheid in wat bly.

12. Omdat ons hierdie versekerde verwagting het, tree ons daarom al hoe meer met vrymoedigheid op,

13. nie soos Moshe nie, wat ’n bedekking oor sy gesig gesit het sodat die mense van Yisra’el nie sou aanhou kyk nie, want dit het geen doel gehad nie,

14. maar hulle is verblind in hulle begrip, want tot op hierdie dag toe bly dieselfde bedekking oor hulle by die lees van die Tanakh en word dit nie openbaar dat die bedekking besig is om deur Die Gesalfde Een vernietig te word nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 3