Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 3:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit water en tussen water ontstaan het deur die Boodskap van God,

6. waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is,Yes 66:15 en opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense.

7. maar die huidige hemele en die aarde is deur dieselfde boodskap bewaarPs 90:4

8. Oor hierdie een ding moet julle vir wie ek lief is, nie onkundig wees nie: dat een dag by יהוה soos ’n duisend jaar is en ’n duisend jaar soos een dag.

9. יהוה vertraag nie die belofte soos sommige dit beskou as vertraging nie, maar Hy is ter wille van julle, daarin geduldig, want Hy wil nie hê dat enige een vernietig moet word nie, maar dat almal hulle sal omdraai na Hom toe.Yes 13:9,10; Yir 46:10 sal egter kom soos ’n dief in die nag,1 Thes 5:2; Open 3:3 waarin die hemele in stilte sal verbygaan,Yeg 32:7-8 maar die elemente vernietig word wanneer dit aan die brand gesteek word en die aarde en die dade wat daarop is, openbaar sal word.Yes 30:30; Ps 97:3,5

10. Die dag van יהוה

11. Wanneer al hierdie dinge dan vernietig word, is dit nie reg vir julle om in julle lewenswyse afgesonderd en in aanbidding tot God te wees nie?

12. Terwyl julle die koms van die dag van God verwag en ywerig begeer, wanneer die hemele, wanneer deur vuur getoets, sal vergaan en die elemente, wanneer aan die brand gesteek, sal smelt,Yes 65:17-19; Yes 66:22

13. maar ons verwag volgens Sy belofte, nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin onpartydige opregtheid sal bly;

Lees volledige hoofstuk 2 Kefa 3