Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 1:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. want toe Hy van God-die-Vader die waardering, eer, lof en aanbidding ontvang het toe die stem uit die wonderlike grootheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid tot Hom gekom het: “Hierdie is My Seun wat Ek liefhet, Hy waarmee Ek tevrede is,”Mat 17:1-8

18. het ons ook daardie stem uit die hemel gehoor kom toe ons saam met Hom op die afgesonderde berg was.

19. Vir ons is daar ook die waarheid van die profetiese woord, wat julle goed sal doen om na te kyk soos na ’n lamp wat in ’n donker plek skyn totdat die dag aanbreek en die son sal skyn in julle verstand, wil en emosie.

20. Eerstens moet julle dít weet: geen profesie word uitgelê deur die een wat dit skryf nie,

21. want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens gebring nie, maar wanneer deur die Gees van Afsondering beweeg, het die afgesonderde mense van God gepraat.

Lees volledige hoofstuk 2 Kefa 1