Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kefa 1:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. maar dit lyk vir my goed om so lank as wat ek in hierdie liggaam is, julle geheue wakker te maakYog 21:18,19

14. omdat ek weet dat ek spoedig my liggaam sal verlaat, soos ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, dit ook vir my gesê het

15. en ek sal moeite doen sodat julle ook voortdurend nadat ek weg is, van hierdie dinge ’n rekord sal hou,

16. want ons het nie slim uitgewerkte mites gevolg toe ons julle vertel het van die wonderwerkende krag en koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, nie, maar ons was ooggetuies van Sy grootheid,Mat 17:5

17. want toe Hy van God-die-Vader die waardering, eer, lof en aanbidding ontvang het toe die stem uit die wonderlike grootheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid tot Hom gekom het: “Hierdie is My Seun wat Ek liefhet, Hy waarmee Ek tevrede is,”Mat 17:1-8

Lees volledige hoofstuk 2 Kefa 1